Lamentations 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat lekker gevoed het, is woes op die strate;
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense wat vroeër die lekkerste kos geëet het, loop nou op straat en bedel vir enigiets om te eet. Dié wat vroeër in paleise gebly het, krap op ashope rond vir iets om te eet.
Afrikaans 1933/1953 He. Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is, het die ashope omarm.
Afrikaans 1983 Mense wat vroeër ryk geëet het, beswyk nou van honger op die strate, mense wat in weelde grootgeword het, lê nou op die vuilgoedhope.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle wat lekkernye geëet het, vergaan in die strate; hulle wat met skarlaken grootgeword het, omhels nou ashope.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat lekker kos geëet het, sterf nou eensaam op die strate. Mense wat koningsklere gedra het, sit nou op die ashope.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat vroeër uitgesoek het watter kos hulle wou eet, loop nou op straat en soek na enigiets om te eet. Die mense wat vroeër die klere van ’n koning gedra het, krap nou op ashope rond vir iets om te eet.