Lamentations 4:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die straf vir jou ongeregtigheid is volbring, o dogter van Sion! Hy sal jou nie meer in ballingskap wegvoer nie; Hy besoek jou ongeregtigheid, dogter van Edom! hy sal jou sondes ontdek.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou straf sal verbygaan, Jerusalem. Jy sal terugkom uit ballingskap. Maar Edom, jou straf het nou eers begin. Dan gaan Hy jou sondes openbaar.
Afrikaans 1933/1953 Tau. Jou straf het sy einde bereik, dogter van Sion, Hy sal jou nie weer in ballingskap laat wegvoer nie. Hy besoek jou ongeregtigheid, dogter van Edom, Hy openbaar jou sondes.
Afrikaans 1983 Die straf vir jou sonde is beëindig, Sion, die Here sal jou ballingskap nie laat voortduur nie; maar jóú sonde gaan Hy straf, Edom, jóú ongeregtigheid gaan Hy aan die kaak stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou skuld is vereffen, dogter van Sion, Hy sal jou nie weer in ballingskap laat gaan nie. Vir jou skuld sal Hy jou laat betaal, dogter van Edom, Hy gaan jou sonde blootlê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Sion, die Here het julle klaar gestraf, dit is nou verby, die Here sal julle nie gevangenes laat bly nie. Maar, mense van Edom, vir júlle sal die Here nóú straf, Hy sal julle sondes vir almal wys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou sonde is nou afgehandel, Sion. Jy sal nie langer meer in ’n ander land hoef te bly nie. Maar jou oortredings, Edom, is volgende aan die beurt. Jy gaan gestraf word vir wat jy gedoen het. Jy gaan uit jou eie land weggevat word na ’n ander land omdat jy teen God oortree het.