Lamentations 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verheug en wees bly, o dogter van Edom, wat in die land Us woon; ook sal die beker by jou deurgaan; jy sal dronk word en jou naak maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle Edomiete wat in Us bly, julle moet maar lag en lekkerkry. Julle beurt kom om dronk te word van God se woede, en dan kaal uitgetrek te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sjin. Verbly en verheug jou, dogter van Edom, wat in die land Us woon; ook na jou sal die beker kom, jy sal dronk word en jouself ontbloot. |
| Afrikaans 1983 | Wees gerus maar opgewek en bly, Edom, jy wat in Us woon, maar ook jy sal die oordeelsbeker moet drink, jy sal daarvan dronk word en jouself ontbloot. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees maar vrolik en bly, dogter van Edom wat woon in die land Us; ook aan jou sal die beker gegee word, jy sal dronk word en jouself ontbloot. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Edom, julle moet dit geniet. Julle wat in die land Us woon, julle moet wys julle is bly, maar die beker van swaarkry sal na julle toe ook kom. Julle sal dronk word en julle sal julle kaal uittrek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle van Edom wat in die land Us bly, moet maar lag en lekkerkry. Die dag van julle afrekening sal kom wanneer julle ook gestraf sal word en in die skande gaan kom. |