Lamentations 4:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die asem van ons neusgate, die gesalfde van die HERE, is in hulle putte opgevang, van wie ons gesê het: Onder sy skaduwee sal ons onder die nasies woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons koning, die lewe van ons volk, die gesalfde van die Here, is in hulle strikke gevang. Ons het nogal gedink ons is veilig onder sy leiding tussen die ander nasies.
Afrikaans 1933/1953 Resj. Die asem van ons neus, die gesalfde van die HERE, is in hulle kuile gevang, hy onder wie se skaduwee ons gedink het om te lewe onder die nasies.
Afrikaans 1983 Ons koning van wie ons lewe afhanklik is, die gesalfde van die Here, is gevang in hulle vanggate, hy van wie ons gedink het dat ons onder sy beskerming sal leef onder die nasies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons lewensasem, die gesalfde van die Here, is in hulle vangkuile gevang – die een in wie se skadu ons gedink het ons onder die nasies sou leef!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gesalfde van die Here, die man wat vir ons so belangrik was soos die asem in ons neus, het 'n gevangene geword in die tronk van die vyande. Ons het voorheen van daardie man gesê: “Hy sal ons beskerm wanneer ons tussen die heidene moet woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons was vir ons lewe afhanklik van die koning wat die Here vir ons gegee het. Ons het gedink hy sal ons lei en tussen die nasies laat oorleef. Maar hulle het hom voorgelê en hom gevang.