Lamentations 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kosbare seuns van Sion, vergelykbaar met fyn goud, hoe word hulle geag as erdekruike, die werk van die hande van die pottebakker!
Afrikaans (NLV) 2011 Die inwoners van Jerusalem was hulle gewig in goud werd. Nou word hulle minder geag as potte van klei.
Afrikaans 1933/1953 Bet. Die kinders van Sion, die kosbares, wat teen fyn goud geskat was, ag, hoe is hulle gereken soos erdekruike, die werk van pottebakkershande.
Afrikaans 1983 Sion se kosbare inwoners, vroeër so waardevol geag soos suiwer goud — ag, hoe word hulle nou beskou as erdepotte, die werk van 'n pottebakker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kosbare kinders van Sion, hulle was hulle gewig in fyngoud werd; ag, nou word hulle gereken as kleipotte, maaksels van 'n pottebakker se hande!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die goeie mense van Sion was soos goud, hulle was baie spesiaal, maar nou beteken hulle so min soos die kleipotte wat die pottebakker met sy hande maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat in Sion bly, was vroeër gereken asof hulle net soveel werd was as goud. Nou word daar gemaak asof hulle niks beter is as die kleipotte wat die pottebakker maak nie.