Lamentations 4:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons vervolgers is vinniger as die arende van die hemel: hulle het ons agtervolg op die berge, hulle het ons in die woestyn gewag.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons vyande het ons agtervolg, hulle het op ons neergeswiep, vinniger as arende uit die lug. Toe ons die berge in gevlug het, was hulle warm op ons spoor. In die woestyn het hulle ons reeds voorgelê.
Afrikaans 1933/1953 Kof. Ons vervolgers was vinniger as die arende van die hemel, op die berge het hulle ons hewig agtervolg, in die woestyn het hulle ons voorgelê.
Afrikaans 1983 Ons agtervolgers was vinniger as die arende in die lug; hulle het in die berge op ons hakke gelê en ons in die woestyn in 'n hinderlaag gelei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons agtervolgers was vinniger as arende in die lug; oor die berge het hulle op ons hakke gebly, in die woestyn het hulle ons voorgelê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons vyande was vinniger as die arende in die lug. Hulle het ons gejaag op die berge, hulle het vir ons gewag in die woestyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié wat ons agtervolg het, was vinniger op ons as arende wat van bo af op hulle prooi afduik. As ons in die berge ingevlug het, was hulle warm op ons spoor. As ons na die woestyn toe gevlug het, het hulle ons reeds voorgelê.