Lamentations 4:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle jag ons voetstappe, dat ons nie op ons strate kan gaan nie: ons einde is naby, ons dae is vervul; want ons einde het gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons vyand was op ons spoor. Ons einde het gekom. Ons dae was getel. Dit was verby met ons. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sade. Hulle het jag gemaak op ons voetstappe, sodat ons op ons pleine nie kon loop nie; ons einde het nader gekom, ons dae was vol, ja, ons einde het gekom. |
| Afrikaans 1983 | Ons bewegings word dopgehou, ons kan dit nie op straat waag nie. Ons einde is naby, ons dae is getel, ons einde het aangebreek! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons kon nie 'n tree gee sonder dat hulle op ons jag maak nie; ons kon nie op straat verskyn nie. Ons einde was naby, ons dae was getel; ja, ons einde het aangebreek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande het ons spore gevolg soos jagters, ons kon nie kom op die oop stukke grond in die stad nie. Ons dood was naby, ons lewe was verby, ja, ons einde het gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ons so fyn dopgehou dat ons dit nie op straat kon waag nie. Ons dae was getel. Ons einde was naby. Ons einde het gekom. |