Lamentations 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat ons aangaan, ons oë het nog beswyk vir ons ydele hulp; in ons waaksaamheid het ons gewaak na 'n nasie wat ons nie kon red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het verniet gesit en wag dat ons vennote ons kom help. Ons het na nasies gekyk wat ons nie kon red nie.
Afrikaans 1933/1953 Ajin. Nog altyddeur smag ons oë tevergeefs na hulp vir ons; op ons wagpos sien ons met verwagting uit na 'n nasie wat nie sal help nie.
Afrikaans 1983 Ons kyk ons oë moeg om hulp wat nie opdaag nie; van ons wagpos af kyk ons in verwagting uit na 'n nasie wat nie help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met oë wat dof raak, het ons bly uitsien na hulp – maar tevergeefs; in ons wagtorings het ons bly uitkyk vir 'n nasie – wat nie kan red nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het aangehou kyk of iemand ons sal kom help, maar niemand het gekom nie. Ons het gewag en gewag, maar nie een volk het ons kom help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het verniet sit en kyk of daar nie iemand sou kom wat ons kon help nie. Ons het by die uitkykpunt tevergeefs gestaan en uitkyk of daar nie ’n nasie kom wat ons sal red nie.