Lamentations 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die toorn van die HERE het hulle verdeel; hy sal hulle nie meer aansien nie; hulle het die persoonlikhede van die priesters nie gerespekteer nie, hulle het die oudstes geen behae gehad nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het hulle verjaag. Hy gee nie om vir hulle nie. Die priesters en leiers word nie meer geëer en gerespekteer nie.
Afrikaans 1933/1953 Pe. Die aangesig van die HERE het hulle verstrooi, Hy sal hulle verder nie meer met welgevalle aansien nie. Vir die persoon van die priesters het hulle geen agting gehad, aan die grysaards het hulle geen genade bewys nie.
Afrikaans 1983 Die Here self het hulle verstrooi, Hy trek Hom hulle lot nie meer aan nie. Daar is geen meegevoel met die priesters nie, daar word geen genade aan die leiers betoon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here self het hulle verstrooi, Hy sien nie meer na hulle om nie. Priesters word nie gerespekteer nie; vir die oudstes is daar geen genade nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die Here self wat hulle na al die kante toe gejaag het. Hy wou hulle nie meer sien nie. Hy wou nie met die priesters praat nie, Hy wou nie jammer wees vir die leiers nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het hulle uitgewis. Hy gee niks meer vir hulle om nie. Hy het nie meer tyd vir dié wat by sy tempel werk nie. Hy het geen genade vir die leiers nie.