Lamentations 4:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het na hulle geroep: Gaan weg! dit is onrein; gaan weg, gaan weg, raak nie aan nie; toe hulle weggevlug en rondgedwaal het, het hulle onder die heidene gesê: Hulle sal daar geen vreemdelinge meer vertoef nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Mense het vir hulle geskreeu: “Loop weg! Julle is onrein! Gee pad! Moenie aan ons raak nie!” Hulle het weggevlug, by heidennasies probeer bly, maar selfs dié nasies wou hulle nie daar toelaat nie.
Afrikaans 1933/1953 Samek. Staan opsy, onrein! -- het die mense hulle toegeroep. Staan opsy, staan opsy, moenie aanraak nie! As hulle vlug, ja waggel, is onder die heidene gesê: Hulle mag hier nie langer vertoef nie.
Afrikaans 1983 Mense het vir hulle geskree: “Gee pad! Julle is onrein! Gee pad, gee pad, moenie aan ons raak nie!” En toe hulle vlug en wegstrompel, het ook die heidennasies gesê: “Hulle mag nie hier by ons bly nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gaan weg, •onreines!” het die mense vir hulle geskreeu. “Gaan weg! Gaan weg! Moenie aanraak nie!” Toe hulle op die vlug geslaan het, ja, toe hulle onder die nasies rondgeswerf het, het die mense gesê: “Hulle mag nie meer hier bly nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander mense het vir hulle geskree: “Gaan weg, julle is onrein! Gaan weg! Gaan weg! Julle moenie aan ons raak nie!” Hulle het toe weggegaan en hulle wou tussen ander volke gaan woon, maar daardie volke het gesê: “Julle mag nie vreemdelinge hier by ons wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ander het vir hulle geskree: “Gee pad van ons af. Julle is vuil. Gee pad en moenie aan ons raak nie!” Toe hulle wegvlug en by ander volke aankom, het dié vir hulle gesê: “Julle kan nie meer hier by ons bly nie! Julle is nie welkom nie!”