Lamentations 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het soos blindes op die strate rondgedwaal, hulle het hulleself met bloed verontreinig, sodat die mense nie aan hulle klere kon raak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos blindes het hulle voel-voel deur die strate geskuifel. Hulle klere was so vol bloed, dat niemand aan hulle wou raak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Noen. Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat 'n mens hulle klere nie kon aanraak nie. |
| Afrikaans 1983 | Profete en priesters het deur die strate gestrompel soos blindes, hulle was bevlek met bloed, niemand wou dit waag om aan hulle klere te raak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Blind het hulle deur die strate gestrompel, met bloed besoedel; niemand kon aan hulle klere raak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense het soos blindes rondgeloop op die strate. Hulle was vol bloed, niemand wou aan hulle klere raak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het soos blindes voetjie vir voetjie deur die strate geskuifel. Hulle klere was so vol bloed dat niemand eens aan hulle wou vat nie. |