Lamentations 4:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vir die sondes van haar profete en die ongeregtighede van haar priesters wat die bloed van die regverdiges in haar midde vergiet het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tog het dit gebeur omdat haar profete oortree het en haar priesters regverdige mense doodgemaak het in die stad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Mem. Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesters wat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het. |
| Afrikaans 1983 | Dit het gebeur oor die sondes en oortredinge van die stad se profete en priesters deur wie onskuldige mense daar om die lewe gebring is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die gevolg van die sonde van haar profete en die skuld van haar priesters, hulle wat die bloed van regverdiges daar vergiet het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit het gebeur. Hoekom? Dit het gebeur oor die sonde van die profete, oor die verkeerde dinge wat die priesters gedoen het. Hulle het onskuldige mense laat sterf in die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Regverdige mense is in Jerusalem doodgemaak omdat die mense wat God se boodskap vir hulle moes bring, nie na God geluister het nie. Dié wat by sy tempel gewerk het, het nie gedoen wat die Here vir hulle gesê het nie. |