Lamentations 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die konings van die aarde en al die bewoners van die wêreld sou nie geglo het dat die teëstander en die vyand in die poorte van Jerusalem moes ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was nie ’n koning op aarde of ’n mens in die wêreld wat ooit kon dink dat ’n vyand Jerusalem sou binnegaan nie.
Afrikaans 1933/1953 Lamed. Hulle het dit nie geglo nie, die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld, dat 'n teëstander of 'n vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.
Afrikaans 1983 Geeneen van die konings van die aarde, geen mens ter wêreld sou geglo het dat 'n teëstander of enige aanvaller ooit by Jerusalem se poorte sou inkom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die konings van die aarde, ook al die bewoners van die wêreld, kon nie glo dat teenstanders en vyande die poorte van Jerusalem sou binnedring nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die konings van die aarde, al die mense in die wêreld, het gedink dat vyande nooit deur die poorte van Jerusalem sou kon kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geen koning en geen mens op aarde het ooit gedink dat enige vyand Jerusalem kon inneem nie.