Lamentations 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe het die goud dof geword! hoe word die fynste goud verander! die klippe van die heiligdom word bo in elke straat uitgegiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe dof het die goud geword! Die fynste goud het sy glans verloor. Die uitgesoekte edelstene lê oor die strate uitgestrooi.
Afrikaans 1933/1953 Alef. Ag, hoe is die goud verdonker, die goeie goud verander, die heilige stene weggegooi op die hoek van al die strate!
Afrikaans 1983 Ag, hoe dof het die goud geword, hoe het die goeie goud sy glans verloor! Die gewyde edelstene lê weggegooi op al die hoeke van die strate!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ag, hoe het die goud sy glans verloor, die suiwer goud verdof; die heilige edelstene lê rondgestrooi op al die straathoeke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom het dit gebeur? Die goud blink nie meer nie, dit het dof geword. Die goeie goud het verander. Mense het die gewyde edelstene op die hoeke van die strate weggegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ai tog! Die goud wat so geblink het, het dof geword. Die klippe waarmee die tempel gebou was, lê gestrooi oor die strate.