Lamentations 3:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My vyande het my seer gejaag, soos 'n voël, sonder oorsaak.
Afrikaans (NLV) 2011 My vyande het jag gemaak op my, sonder rede. Hulle wou my vang soos ’n voël.
Afrikaans 1933/1953 Sade. Hulle het my soos 'n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is;
Afrikaans 1983 Mense het op my jag gemaak soos op 'n voël, hulle is sonder rede vyandig teenoor my,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verbete en sonder rede het my vyande my soos 'n voël gejag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar my vyande het my gejag soos 'n mens voëls jag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat sonder enige rede my vyande geword het, jaag my asof hulle ’n voël probeer vang.