Lamentations 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te vernietig; Hy het 'n lyn uitgespan, sy hand nie teruggetrek om te verwoes nie; daarom het Hy die walle en die muur laat treur; hulle het saam gekwyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het besluit: Sion se mure moet afgebreek word. Hy het finaal besluit om dit te verwoes. Die versterkings en die mure het saam ineengestort. |
| Afrikaans 1933/1953 | Get. Die HERE het Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het besluit om die muur van Sion te verwoes, Hy het bepaal dat dit heeltemal afgebreek moet word, Hy het nie op sy besluit teruggegaan nie; van die vestings en die mure het Hy bouvalle gemaak, hulle lê daar saam en vergaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het beplan om die dogter van Sion se mure te vernietig. Hy het 'n maatlyn gespan, sy hand nie van verdelging weerhou nie; Hy het skans en stadsmuur laat weeklaag – saam stort hulle ineen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het besluit om die mure van Sion af te breek. Hy het die mure gemeet en Hy het nie opgehou om dit af te breek nie. Hy het torings en mure laat omval en Hy het dit saam op die grond laat lê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het besluit dat Sion se mure afgebreek moet word. Hy het merke op die mure gemaak om vir die vyand te wys waarheen hulle moet kom om dit af te breek. Die sterk mure aan die buitekant het saam met die mure aan die binnekant inmekaargestort. |