Lamentations 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou profete het ydele en dwase dinge vir jou gesien, en hulle het jou ongeregtigheid nie ontdek om jou gevangenskap af te wend nie; maar het vir jou valse laste en oorsake van verbanning gesien.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou profete het vir jou drogbeelde opgetower. Hulle het nie jou oortredings sigbaar gemaak nie. Dit sou verhoed het dat jy weggevat word uit jou land. Hulle het nuttelose dinge gesê wat jou eerder op ’n verkeerde spoor gelei het.
Afrikaans 1933/1953 Noen. Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.
Afrikaans 1983 Die visioene van jou profete was vals en misleidend: hulle het nie jou sondes blootgelê sodat jou ballingskap afgeweer kon word nie; die openbaringe wat hulle vir jou gegee het, was vals en het tot jou verwerping gelei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou profete se visioene is vir jou nutteloos en niksseggend. Hulle het nie jou skuld ontbloot om jou ballingskap te verhoed nie. Die visioene wat hulle aan jou oorgedra het, was nutteloos en misleidend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou profete het gesê die Here het vir hulle dinge gewys, maar hulle het gelieg, hulle het jou bedrieg. Hulle het nie oor jou sonde gepraat sodat jy kon verander en lewe soos God wil hê en sodat dit dan met jou beter kon gaan nie. Hulle het gesê die Here het vir hulle dinge gesê, maar dit was leuens, hulle het jou bedrieg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle wat vir julle moes sê wat God hulle laat sien het, het vir julle gelieg en julle bedrieg. Hulle moes vir julle gesê het wat julle verkeerd doen om te keer dat julle uit julle land uit weggevat word. Wat hulle vir julle vertel het wat hulle gesien het, was ’n klomp leuens.