Judges 9:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle dit aan Jotam vertel, het hy gegaan en op die top van die berg Gerisim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en vir hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, dat God na julle kan luister. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jotam het hiervan gehoor. Hy het toe op die top van Gerisimberg gaan staan. Van daar af het hy vir hulle geskreeu: “Luister na my, mense van Sigem, dat God na julle kan luister. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Ger¡sim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister. |
| Afrikaans 1983 | Dit is aan Jotam vertel en hy het op Gerisimberg gaan staan en vir hulle geskree: “Luister na my, leiers van Sigem, dan sal God na julle luister. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Gerisim gaan staan en met 'n harde stem uitgeroep: “Luister na my, burgers van Sigem – dan sal God julle verhoor: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand het dit vir Jotam vertel. Hy het toe bo-op die Gerisim-berg gaan staan en hy het hard geskree en gesê: “Manne van Sigem, julle moet hoor wat ek sê, dan sal God hoor wat julle sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jotam hiervan te hore kom, het hy op die berg Gerisim geklim en hard vir hulle geskree: “Luister na my, mense van Sigem, dan sal God dalk na julle luister! |