Judges 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die manne van Sigem het bymekaargekom en die hele huis van Millo, en hulle het gegaan en Abimeleg koning gemaak by die vlakte van die gedenksteen wat in Sigem is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Sigem en Millo het bymekaargekom en vir Abimelek koning gemaak by die groot eikeboom langs die klippilaar van Sigem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abim,leg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is. |
| Afrikaans 1983 | Toe het al die burgers van Sigem en al die mense van Millo bymekaargekom en vir Abimelek gaan koning maak by die groot boom langs die klippilaar van Sigem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die burgers van Sigem en Bet-Millo het byeengekom; hulle het gegaan en Abimeleg koning gemaak by die akkerboom langs die gedenkteken wat in Sigem is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne van Sigem en almal van Bet-Millo het toe bymekaargekom en hulle het gegaan om vir Abimelek koning te maak onder die groot boom by die klip-paal van Sigem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het al die inwoners van Sigem en Bet-Millo bymekaargekom by die groot eikeboom langs die klippilaar wat hulle aanbid het. Daar het hulle toe vir Abimelek as koning gekroon. |