Judges 9:54 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe roep hy haastig na die jongman, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my dood, sodat die mense nie van my sê: 'n Vrou het hom gedood nie. En sy jongman het hom deurgedruk, en hy het gesterf.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy roep toe dringend na sy wapendraer en sê vir hom: “Trek uit jou swaard! Maak my dood. Moenie toelaat dat hulle kan sê: ‘’n Vrou het hom doodgemaak’ nie!” Sy wapendraer het hom toe met sy swaard doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: 'n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.
Afrikaans 1983 Toe roep hy gou sy wapendraer en sê vir hom: “Trek jou swaard! Maak my dood. Hulle moenie van my kan sê 'n vrou het my doodgemaak nie!” Sy wapendraer het hom toe met die swaard deurboor, en so is Abimelek dood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy roep toe inderhaas die dienaar wat sy wapendraer was, en sê vir hom: “Trek jou swaard en maak my dood, anders sal hulle van my sê, ‘'n Vrou het hom om die lewe gebring.’ ” Sy dienaar het hom toe met die swaard deurboor en hy het gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy roep toe dadelik die seun wat sy wapens dra, en sê vir hom: “Vat jou swaard en maak my dood. Ek wil nie hê dat die mense sal sê 'n vrou het my doodgemaak nie.” Die seun het Abimelek doodgesteek,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy skree toe vir die jong man wat sy wapens gedra het en sê vir hom: “Trek jou swaard en maak my dood! Ek wil nie hê hulle moet kan sê ’n vrou het my doodgemaak nie!” Die jong man het hom met sy swaard deurboor en hy is dood.