Judges 9:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar was 'n sterk toring binne-in die stad, en daarheen het al die manne en vroue en almal van die stad gevlug en dit vir hulle toegesluit en hulle opgetrek na die top van die toring.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n hoë toring in die middel van die stad. Al die mans en die vroue van Tebes het daarnatoe gevlug. Hulle het hulleself daarin toegesluit en opgeklim na die dak van die toring.
Afrikaans 1933/1953 Maar in die middel van die stad was 'n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.
Afrikaans 1983 In die middel van die stad was daar 'n sterk toring en al die mans en vrouens van Tebes het daarheen gevlug, al die burgers van die stad is daar in. Hulle het hulleself daarin toegesluit en op die dak van die toring gaan staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was egter 'n versterkte toring in die middel van die stad en al die mans en vroue, al die burgers van die stad, het daarheen gevlug. Hulle het hulleself daar toegesluit en op die dak van die toring geklim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Binne-in die stad was 'n sterk toring, en al die mans en vroue het daarnatoe gevlug, ook die belangrike mense van die stad. Hulle het die deur gesluit en op die toring se dak geklim.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die middel van die stad was daar ’n sterk toring. Al die mense van die stad, mans en vroue en leiers, het daarheen gevlug. Hulle het hulleself in die toring toegesluit en toe op die dak van die toring gaan staan.