Judges 9:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het na die huis van sy vader in Ofra gegaan en sy broers, die seuns van Jerubbaäl, tien en sestig man, op een klip gedood; maar Jotam, die jongste seun van Jerubbaäl, het nog oorgebly; want hy het hom weggesteek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is met hulle terug na sy pa se huis in Ofra. Daar het hy al 70 sy pa se seuns op een klip laat vermoor. Jerubbaäl se jongste seun, Jotam, het egter weggekruip en die moord oorleef. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerubbaäl, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerubbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip. |
| Afrikaans 1983 | Hy is toe na sy pa se huis toe in Ofra en daar het hy sy broers, die sewentig seuns van Jerubbaäl, almal op een klip doodgemaak. Net Jotam, die jongste seun van Jerubbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het na sy vader se huis, na Ofra, gegaan en sy broers, die seuns van Jerubbaäl, vermoor – sewentig man op een klip. Maar Jotam, die jongste seun van Jerubbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abimelek het na sy pa se huis in Ofra gegaan en daar het hy sy broers, die 70 seuns van Gideon, vermoor, almal op een klip. Net Gideon se jongste seun Jotam het oorgebly, want hy het weggekruip. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy is toe saam met hulle daar weg na sy pa se huis toe in Ofra. Daar het hy al 70 sy broers, almal Gideon se seuns, op een klip doodgemaak. Die enigste een wat oorgebly het, was Jotam, Gideon se jongste seun, want hy het weggekruip. |