Judges 9:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele volk het eweneens elkeen sy tak afgekap en Abiméleg gevolg en hulle in die bergvesting gesit en die bergvesting daarop aan die brand gesteek; sodat al die manne van die toring van Sigem ook gesterf het, omtrent duisend man en vroue. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen van hulle het toe ook ’n tak afgekap. Hulle het vir Abimelek gevolg en die takke teen die mure van die tempel gaan opstapel. Hulle het dit aan die brand gesteek. Almal in Migdol-Sigem het doodgebrand. Daar was omtrent 1 000 mans en vroue. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abim,leg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen het toe vir hom 'n tak gekap en hulle het vir Abimelek gevolg. Hulle het dit teen die grafkelder opgestapel met die mense daarbinne, en dit aan die brand gesteek. So het hulle al die burgers van Migdol-Sigem doodgemaak, omtrent duisend mans en vrouens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die manskappe het ook elkeen 'n tak afgekap en Abimeleg gevolg. Hulle het dit op die kelder gepak en die kelder oor die mense aan die brand gesteek. So het ook al die mense van Migdal-Sigem gesterf – ongeveer 'n duisend mans en vroue. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die manne het takke afgekap. Hulle het agter Abimelek geloop en hulle het die takke op die kelder gesit. Toe steek hulle die takke op die kelder aan die brand bo-oor die mense van die Sigem-toring, en so het al die mense van die Sigem-toring gesterf. Dit was omtrent 1 000 mans en vroue. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe elkeen vir hulle ’n tak afgekap en agter Abimelek aangeloop. Hulle het al die takke teen die grafkelder opgestapel waarin die mense weggekruip het en dit aan die brand gesteek. So het al die inwoners van Migdol-Sigem doodgebrand, ongeveer 1 000 mans en vroue. |