Judges 9:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe al die manne van die toring van Sigem dit hoor, het hulle ingegaan in die bergvesting van die huis van die god Berit.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die inwoners van Migdol-Sigem hoor wat gebeur het, het hulle in die tempel van El-Berit gaan skuil.
Afrikaans 1933/1953 Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Ber¡t in.
Afrikaans 1983 Toe al die burgers van Migdol-Sigem dit hoor, het hulle na die grafkelder in die tempel van El-Berit toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe al die burgers van Migdal-Sigem dit hoor, het hulle in die kelder van die tempel van El-Berit ingegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van die Sigem-toring het gaan wegkruip toe hulle hoor daar is oorlog in die stad. Hulle het weggekruip in 'n kelder by die tempel van El-Berit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die leiers in Migdol-Sigem dit hoor, het hulle en hulle mense in die grafkelder in die tempel van Baäl-Berit gaan wegkruip.