Judges 9:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg; en hy het die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad platgeslaan en dit met sout gesaai.
Afrikaans (NLV) 2011 Abimelek het daardie hele dag deur teen die stad geveg voor hy dit kon inneem. Hy het almal in die stad doodgemaak, dit met die grond gelyk gemaak en sout oor alles gestrooi.
Afrikaans 1933/1953 En Abim,leg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.
Afrikaans 1983 Abimelek het daardie hele dag teen die stad geveg. Hy het dit ingeneem en al die mense daarin doodgemaak. Hy het die stad afgebreek en sout daaroor gestrooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abimeleg self het daardie hele dag teen die stad geveg. Hy het die stad ingeneem en die mense wat daarin was, om die lewe gebring. Hy het die stad afgebreek en sout daaroor gestrooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abimelek het daardie hele dag oorlog gemaak teen die mense in die stad. Hy het die stad oorwin, die mense doodgemaak en die mure afgebreek. Toe het hy sout oor die stad gesaai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die geveg het die hele dag lank aangehou. Uiteindelik het Abimelek die stad ingeneem. Hy het al die inwoners doodgemaak, die stad tot op die grond afgebreek en sout daaroor uitgegooi.