Judges 9:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abiméleg en die skare wat by hom was, het vorentoe gestorm en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en die twee ander skare het al die mense wat in die veld was, aangehardloop en hulle gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die groep by Abimelek het op die poort afgestorm en in die ingang van die stad gaan stelling inneem. Die ander twee groepe het die mense in die oop veld aangeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Abim,leg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan. |
| Afrikaans 1983 | Abimelek en die leiers by hom het gestorm en by die poort van die stad gaan staan, en die twee ander groepe het gestorm en al die mense in die oop veld verslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abimeleg en die eenhede wat saam met hom was, het 'n aanval geloods en stelling ingeneem by die ingang van die stadspoort. Die ander twee eenhede het 'n aanval geloods op almal wat in die lande was en hulle neergevel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hyself en die manne wat by hom was, het vorentoe gehardloop en voor die poort van die stad gaan staan. Die ander twee groepe het al die mense in die veld begin doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl Abimelek en sy groep vorentoe gestorm het om by die stad se hekke uit te kom om te keer dat die soldate weer die stad in vlug, het twee van sy ander afdelings soldate die mense in die veld aangeval en hulle doodgemaak. |