Judges 9:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en in die veld gelê en gekyk, en kyk, die manskappe het uit die stad uitgetrek; en hy het teen hulle opgestaan en hulle verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het sy manskappe in drie groepe verdeel en in die veld gaan wegkruip. Toe hulle die mense uit die stad sien kom, het hulle uit hulle skuilplekke opgespring en die mense aangeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en 'n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy manne gevat en in drie groepe verdeel en 'n hinderlaag in die veld opgestel. Toe hy die mense uit die stad sien uitkom, het hy hulle gestorm en verslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy neem toe sy manskappe, verdeel hulle in drie eenhede en stel 'n hinderlaag op in die landerye. Toe hy sien die mense is inderdaad besig om uit die stad te gaan, het hy opgespring om teen hulle te veg en hulle neergevel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het sy manne in drie groepe verdeel en hy het hulle in die veld laat lê en wag. Toe hy sien die mense het uit die stad gekom, het hy hulle begin doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe sy troepe gevat, hulle in drie groepe verdeel en ’n hinderlaag vir die mense van Sigem daar in die veld gelê. Toe Abimelek die soldate uit die stad uit sien kom, het hy en sy soldate uit hulle wegkruipplekke opgespring en hulle aangeval en doodgemaak. |