Judges 9:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Abiméleg het hom agtervolg, en hy het voor hom gevlug, en baie is omvergewerp en gewond tot by die ingang van die poort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abimelek het egter vir Gaäl laat terugval en hy het vir Abimelek gevlug. Baie mense is doodgemaak en het rondom die stadspoort gelê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Abim,leg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir Gaäl op die vlug gejaag en Gaäl het vir Abimelek gevlug. Daar het baie mense gesneuwel by die stadspoort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abimeleg het hom agternagesit toe hy voor hom moes vlug, en baie gesneuweldes het tot by die stadspoort gelê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Abimelek se manne was te veel, en Gaäl het gevlug. Abimelek en sy manne het baie van Gaäl se manne doodgemaak voordat hulle kon inkom by die poort van die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Abimelek het hom verslaan en hy moes vlug. Baie mense het daardie dag hulle lewe verloor. Die dooies het tot by die stad se hekke gelê. |