Judges 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hom tien en sestig sikkels silwer gegee uit die huis van Baäl-Berit, waarmee Abimeleg ydele en ligte mense gehuur het wat hom gevolg het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het vir hom sowat een kilogram silwer uit Baäl-Berit se tempel gegee. Abimelek het vir hom daarmee ’n klomp roekelose niksnutte gehuur om hom te volg.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Baäl-Ber¡t gegee, en daarmee het Abim,leg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.
Afrikaans 1983 Hulle het vir hom sowat een kilogram silwer uit Baäl-Berit se tempel gegee, en daarmee het Abimelek vir hom leeglêers gehuur om sy volgelinge te wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle gee toe vir hom sewentig sikkel silwer uit die tempel van Baäl-Berit. Daarmee het Abimeleg vir hom ongedissiplineerde, roekelose manne gehuur wat sy volgelinge geword het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die belangrike manne van Sigem het vir Abimelek 70 stukke silwer gegee uit die tempel van Baäl-Berit, en Abimelek het dit gebruik om mense te huur om hom te help. Dit was mense wat nie ander werk gehad het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het vir hom ongeveer een kilogram silwer uit Baäl-Berit se tempel gegee. Hy het dit gebruik om vir hom ’n klomp leeglêers te huur om sy volgelinge te wees.