Judges 9:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abiméleg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die volk wat jy verag het nie? gaan uit, ek bid nou, en veg met hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Sebul vir hom: “Waar is jou groot mond nou? Jy het mos gesê: ‘Wie is Abimelek dan dat ons na hom moet luister?’ Hulle wat daar aankom, is mos die mense oor wie jy soveel te sê gehad het. Trek nou uit en gaan veg teen hom!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abim,leg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle! |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Sebul vir hom: “Hoe lyk dit nou met jou groot mond waarmee jy gesê het: ‘Wie is Abimelek nogal dat ons aan hom moet onderdanig wees?’ Is dit nie dalk die mense van wie jy so met minagting gepraat het nie? Trek nou op en gaan veg teen hulle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Sebul vir hom: “Waar is jou groot mond nou waarmee jy gesê het, ‘Wie is Abimeleg, dat ons hom moet dien’? Is dit nie die manskappe daardie wat jy so geminag het nie? Trek dan nou uit en veg teen hulle!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sebul het vir Gaäl gesê: “Jy het gister baie gespog. Waar is jou groot mond nou? Jy het gesê: ‘Wie is Abimelek? Hoekom moet ons hom dien?’ Hier is die mense nou, jy het gesê hulle beteken niks. Gaan maak nou oorlog teen Abimelek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Sebul ewe leedvermakerig vir hom: “Nou waar is jou groot mond dan nou? Jy is mos die een wat gesê het: ‘Wie is Abimelek dat ons sy onderdane moet wees?’ Wel, is dit nie dalk die mense van wie jy so met minagting gepraat het nie? Hier is jou kans, vat nou jou soldate en gaan veg teen hulle.” |