Judges 9:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Gaäl het weer gespreek en gesê: Kyk, daar kom mense af in die middel van die land, en 'n ander menigte kom langs die Meonenimvlakte.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaäl het toe weer vir hom gesê: “Nee, kyk mooi, daar is mense wat van die hoogste punt van die land af kom. ’n Ander groep is aan die kom uit die koers van die waarsêersboom.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Gaäl hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar.
Afrikaans 1983 Gaäl het weer met hom gepraat en vir hom gesê: “Kyk, daar kom mense van die middelpunt van die land af. Daar kom ook 'n afdeling van die groot waarsêersboom af.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaäl het steeds volgehou en gesê: “Kyk, daar kom manskappe af vanaf die middel van die land, en een eenheid kom uit die rigting van die akkerboom van die Waarsêers!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe sê Gaäl weer: “Kyk, daar kom mense van die middel van die land af, en daar kom mense op die pad van die Waarsêer-boom af.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar Gaäl het weer vir hom gesê: “Kyk mooi, daar kom mense van die heuwels af. En daar van die waarsêersboom se kant af is nog ’n groep aan die kom.”