Judges 9:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe Gaäl die volk sien, sê hy vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die top van die berge af. En Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge asof hulle mense is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaäl het die mense gesien. Hy het vir Sebul gesê: “Kyk, daar is mense wat besig is om van bo van die heuwels af te kom.” Sebul sê toe vir hom: “Dis die skaduwees van die heuwels wat vir jou soos mense lyk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sien Gaäl die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan! |
| Afrikaans 1983 | Gaäl het die manne gesien en vir Sebul gesê: “Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af.” Maar Sebul sê vir hom: “Dis die skaduwee van die berg wat jy vir mense aansien.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gaäl sien toe die manskappe en sê vir Sebul: “Kyk, daar is manskappe wat van die kruin van die berge afkom!” Maar Sebul sê vir hom: “Dit is skaduwees van die berge wat vir jou soos manne lyk.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gaäl het hulle gesien en hy het vir Sebul gesê: “Kyk, daar kom mense bo van die berg af.” Maar Sebul het vir hom gesê: “Nee, jy sien die skaduwees in die berge en jy dink dit is mense.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaäl het hulle gesien en vir Sebul gesê: “Kyk, daar kom mense van die berge af!” Maar Sebul het vir hom gesê: “Dis nie mense nie, dis sommer net die berg se skaduwee wat jy vir mense aansien!” |