Judges 9:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan;
Afrikaans (NLV) 2011 Gaäl, die seun van Ebed, het uitgekom en by die stadspoort gaan staan. Abimelek en sy manne het uit hulle wegkruipplek gekom.
Afrikaans 1933/1953 En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abim,leg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,
Afrikaans 1983 Toe Gaäl seun van Ebed op pad buitentoe by die stadspoort gaan staan, het Abimelek en sy manne juis in die hinderlaag opgestaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Gaäl, seun van Ebed, uitkom en by die ingang van die stadspoort gaan staan, het Abimeleg en die manskappe by hom opgestaan uit hulle hinderlaag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Gaäl die oggend voor die poort van die stad gaan staan, het Abimelek en die manne wat by hom was, opgestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Abimelek en sy soldate vir Gaäl by die stadshekke sien staan, het hulle uit hulle skuilplek gekom.