Judges 9:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die môre, sodra die son opgaan, moet jy vroeg opstaan en oor die stad gaan; en kyk, as hy en die manskappe wat saam met hom is teen jou uittrek, dan mag jy doen aan hulle soos jy aanleiding sal vind.
Afrikaans (NLV) 2011 As die son môre-oggend opkom, moet jy die stad bestorm. Wanneer hy en die mense by hom met jou kom veg, kan jy met Gaäl maak wat jy wil.”
Afrikaans 1933/1953 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en 'n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.
Afrikaans 1983 En môreoggend teen sonop moet jy die stad storm. Dan sal hy en die mense by hom teen jou optrek en kan jy vir Gaäl straf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Môreoggend vroeg, teen sonop, moet u 'n aanval loods op die stad. Hy en die manskappe by hom sal na u uitkom – doen dan wat u hand vind om te doen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En môre-oggend wanneer die son opkom, moet julle opstaan en na die stad hardloop. Dan sal Gaäl en sy manne uitkom, en dan kan jy met hom doen wat jy wil.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Môreoggend teen skemer moet julle die stad skielik aanval. As Gaäl en sy soldate teen jou probeer veg, moet jy hulle doodmaak.”