Judges 9:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het in die geheim boodskappers na Abimeleg gestuur om te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, en sy broers het in Sigem gekom; en kyk, hulle versterk die stad teen jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het boodskappers na Abimelek in Torma gestuur om vir hom te sê: “Gaäl, die seun van Ebed, en sy familie het in Sigem kom bly. Hulle is besig om die stad teen jou aan te hits. |
| Afrikaans 1933/1953 | en listig boodskappers na Abim,leg gestuur om te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op. |
| Afrikaans 1983 | Hy het 'n boodskap aan Abimelek in Torma gestuur: “Gaäl seun van Ebed en sy mense het na Sigem toe gekom en hulle sweep die stad teen jou op. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy stuur toe boodskappers na Abimeleg in Aruma om te laat weet: “Kyk, Gaäl, seun van Ebed, en sy broers het in Sigem aangekom, en hulle is besig om die stad teen u op te steek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Abimelek was by die stad Torma, en Sebul het boodskappers na Abimelek toe gestuur. Hulle het vir Abimelek gesê: “Jy moet weet, Gaäl seun van Ebed het na Sigem gekom, hy en sy broers is besig om die mense van die stad opstandig te maak teen jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het stilletjies ’n boodskap na Abimelek gestuur en vir hom gesê: “Ebed se seun Gaäl en sy mense het in Sigem kom bly en hulle is besig om die stad en sy mense teen jou op te sweep. |