Judges 9:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die broers van sy moeder het al hierdie woorde van hom gespreek voor die ore van al die manne van Sigem, en hulle hart was geneig om Abiméleg te volg; want hulle het gesê: Hy is ons broer.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy ma se familie het toe die keuse aan die mense van Sigem gestel. Hulle het op Abimelek besluit. Hulle het gesê: “Hy is mos een van ons.”
Afrikaans 1933/1953 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abim,leg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer.
Afrikaans 1983 Abimelek se familie het dit vir die burgers van Sigem gevra, en hulle was bereid om vir Abimelek te aanvaar, “want,” het hulle gesê, “hy is een van ons.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sy moeder se broers dit alles namens hom gesê het ten aanhore van al die burgers van Sigem, het hulle Abimeleg ondersteun, want hulle het gesê: “Hy is ons broer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abimelek se ooms het dit alles vir die manne van Sigem gesê, en hulle het vir Abimelek gekies, want hulle het gesê: “Hy is een van ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abimelek se familie het toe met sy voorstel na die inwoners van Sigem toe gegaan. Hulle het besluit om hom te volg aangesien hy, soos hulle gesê het, “een van ons is”.