Judges 9:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abimeleg, en wie is Sigem, dat ons hom sou dien? is hy nie die seun van Jerubbaäl nie? en Sebul sy offisier? dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, want waarom sou ons hom dien?
Afrikaans (NLV) 2011 Ebed se seun Gaäl het gevra: “En wie is Abimelek nogal? Kom hy van Sigem dat ons na hom moet luister? Hy is maar net Jerubbaäl se seun. Sy generaal is maar net Sebul. Ons moet eerder na Sigem se ware afstammelinge in Gamor luister. Waarom moet ons ons aan Abimelek onderwerp?
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abim,leg -- en wat is Sigem -- dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerubbaäl, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet ons hom dien?
Afrikaans 1983 Gaäl seun van Ebed het gevra: “En wie is Abimelek nogal, en wie is Sigem dat ons aan hom moet onderdanig wees? Moet Jerubbaäl se seun en sy goewerneur Sebul nie eerder aan die mense van Gamor, Sigem se voorvader, onderdanig wees nie? Waarom moet ons aan Abimelek onderdanig wees?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaäl, seun van Ebed, het gesê: “Wie is Abimeleg, dat ons hom moet dien, en wie was Sigem? Is Abimeleg nie die seun van Jerubbaäl nie, en is Sebul nie sy dorpsbestuurder nie? Hulle het die manne van Gamor, die vader van Sigem, gedien. Waarom moet óns hom dien?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gaäl seun van Ebed het gesê: “Wie is Abimelek? Hoekom moet die mense van Sigem hom dien? Abimelek is die seun van Gideon, en hy en sy goewerneur Sebul het die mense van Sigem gedien toe Sigem se pa Gamor nog gelewe het. Hoekom moet ons nou vir Abimelek dien?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ebed se seun Gaäl het spottend gevra: “Watter soort mense is ons hier in Sigem dat ons Abimelek dien? Wie is hy in elk geval? Hy is net Gideon se seun met Sebul as sy goewerneur. Maar moet hulle nie eerder die mense van Gamor, Sigem se voorvader, se slawe wees nie? Waarom moet ons vir Abimelek dien?