Judges 9:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het uitgegaan na die veld en hulle wingerde ingesamel en die druiwe getrap en vrolik gemaak en in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op ’n keer het hy en sy mense uitgegaan in die veld. Hulle het druiwe gepluk en dit gepars om fees te hou. Hulle het in hulle god se tempel ingegaan en begin eet en drink. Hulle het Abimelek begin slegsê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abim,leg gevloek. |
| Afrikaans 1983 | Hy en sy mense het op 'n keer lande toe gegaan om druiwe te pluk en te pars. Toe het hulle begin feesvier in die tempel van hulle god en nadat hulle geëet en gedrink het, het hulle vir Abimelek begin verkleineer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het daarna uitgegaan na die lande, hulle wingerde afgeoes, die druiwe uitgetrap en oesfees gehou. Hulle het in die tempel van hulle god ingegaan, geëet en gedrink en Abimeleg verkleineer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag het Gaäl en sy broers uit die stad gegaan. Hulle het druiwe gepluk en wyn gemaak. Toe het hulle feesgevier. Hulle het in die tempel van hulle god geëet en gedrink en gesê Abimelek beteken niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tydens een van die oesfeeste tot eer van hulle gode het hulle wyn gemaak. Hulle het in die tempel van daardie god feesgevier. Nadat almal goed geëet en gedrink het, het hulle Abimelek begin afkraak. |