Judges 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat die wreedheid wat die sewentig seuns van Jerubbaäl aangedoen is, kan kom en hulle bloed op hulle broer Abimeleg gelê word wat hulle gedood het; en oor die manne van Sigem wat hom gehelp het om sy broers dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 God het Abimelek vergeld vir die geweld wat hy sy broers, die 70 seuns van Jerubbaäl, aangedoen het toe hy hulle vermoor het. God het die mense van Sigem gestraf omdat hulle vir Abimelek gehelp het om sy broers te vermoor.
Afrikaans 1933/1953 sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerubbaäl sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abim,leg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor.
Afrikaans 1983 God het dit oor Abimelek gebring oor die onreg wat hy sy broers, die sewentig seuns van Jerubbaäl, aangedoen het toe hy hulle vermoor het. God wou hulle dood wreek, en Hy het dié dinge oor die burgers van Sigem gebring omdat hulle vir Abimelek gehelp het om sy broers te vermoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat die geweld teen die sewentig seuns van Jerubbaäl nie agterweë sou bly nie, en ook die bloedskuld, sodat dit sou neerkom op Abimeleg, hulle broer wat hulle vermoor het, en op die burgers van Sigem, wat sy hande sterk gemaak het om sy broers te vermoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wou Abimelek straf omdat hy sy broers, die 70 seuns van Gideon, vermoor het. Die Here wou ook die manne van Sigem straf omdat hulle vir Abimelek gehelp het om sy broers te vermoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het gebeur sodat Abimelek en die mense van Sigem, wat hom aangemoedig het om Gideon se 70 seuns dood te maak, die gevolge van hulle verskriklike dade sou dra.