Judges 9:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar so nie, laat daar vuur uit Abimeleg uitgaan en die manne van Sigem en die huis van Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die manne van Sigem en uit die huis van Millo, en Abiméleg verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 As dit nie die geval is nie, mag daar dan ’n vuur uit Abimelek kom wat die mense van Sigem en die mense van Millo verteer. Mag daar dan ook ’n vuur uit die mense van Sigem en die mense van Millo kom wat Abimelek verteer.”
Afrikaans 1933/1953 Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abim,leg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abim,leg verteer.
Afrikaans 1983 Maar as dit nie so is nie, moet daar 'n vuur uit Abimelek uitgaan en die burgers van Sigem en die mense van Millo verteer. Daar moet ook 'n vuur uit die burgers van Sigem en die mense van Millo uitgaan en vir Abimelek verteer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as dit nie so is nie, sal vuur uitgaan vanuit Abimeleg en die burgers van Sigem en Bet-Millo verteer. En vuur sal uitgaan vanuit die burgers van Sigem en Bet-Millo en Abimeleg verteer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As julle dit nie doen nie, dan sal Abimelek 'n vuur wees wat die manne van Sigem en Bet-Millo verbrand, en die manne van Sigem en Bet-Millo sal 'n vuur wees wat vir Abimelek verbrand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die ander kant, as julle nie eerlik is nie, mag dit dan gebeur dat Abimelek se leierskap soos ’n vuur sal wees wat die inwoners van Sigem en Bet-Millo sal verbrand. En mag die inwoners van Sigem en Bet-Millo deur hulle optrede vir Abimelek soos ’n vuur wees wat groot verwoesting saai.”