Judges 9:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek tog voor die ore van al die manne van Sigem: Wat is beter vir julle, óf dat al die seuns van Jerubbaäl, wat tien en sestig is, oor julle sal regeer, óf dat een oor julle sal regeer? onthou ook dat Ek jou been en jou vlees is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kom ons vind uit by die mense van Sigem of hulle verkies om deur al 70 seuns van Jerubbaäl regeer te word, of liewer deur net een persoon. Onthou ’n bietjie dat ek van dieselfde vleis en bloed is as julle.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter -- dat sewentig man, almal seuns van Jerubbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is. |
| Afrikaans 1983 | “Vra vir al die leiers van Sigem: Is dit beter as al sewentig seuns van Jerubbaäl oor julle regeer of as net een oor julle regeer? Julle weet goed ek is een van julle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Sê tog ten aanhore van al die burgers van Sigem, ‘Wat is vir julle beter, dat sewentig man, al die seuns van Jerubbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En onthou dat ek julle eie bloedfamilie is.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Praat asseblief met die belangrike manne van Sigem en sê vir hulle: ‘Wat is vir julle beter: dat Gideon se 70 seuns almal oor julle regeer of dat net een man oor julle regeer?’ En onthou ek is een van julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vra ’n bietjie vir die mense van Sigem: Wat sou julle verkies? Om al 70 Gideon se seuns as leiers te hê of eerder net een? Maar onthou net, ek is julle bloedfamilie!” |