Judges 9:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle het vandag opgestaan teen die huis van my vader en sy seuns, tien en sestig man, op een klip gedood en Abimeleg, die seun van sy slavin, koning gemaak oor die manne van Sigem, omdat hy julle broer is;)
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het vandag met sy nageslag swaarde gekruis. Julle het sy 70 seuns almal op een klip doodgemaak. Mense van Sigem, julle het sy slavin se seun Abimelek koning gaan maak, net omdat hy julle familie is.
Afrikaans 1933/1953 maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abim,leg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is --
Afrikaans 1983 Maar julle het vandag in opstand gekom teen hom en sy huis, en julle het sy sewentig seuns almal op een klip doodgemaak. En toe het julle vir Abimelek, die seun van sy slavin, koning gemaak oor die burgers van Sigem net omdat hy julle familie is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) julle wat vandag opgestaan het teen die huis van my pa, en sy seuns vermoor het – sewentig man op een klip – en Abimeleg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle is vandag opstandig teen my pa se familie, en julle het sy 70 seuns vermoor, almal op een klip. Julle het Abimelek, die seun van my pa se slavin, julle koning gemaak omdat hy familie is van julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar vandag het julle teen hom en sy familie in opstand gekom deur al 70 sy seuns op een klip dood te maak. Toe het julle vir Abimelek, die seun van sy slavin, koning gemaak oor die mense van Sigem, net omdat hy julle familielid is.