Judges 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As julle dan nou waaragtig en opreg gehandel het deurdat julle Abimeleg koning gemaak het, en as julle goed gehandel het met Jerubbaäl en sy huis en aan hom gehandel het volgens wat sy hande verdien het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dink ’n bietjie na of julle eerbaar en in goeie trou opgetree het toe julle vir Abimelek koning gemaak het. Het julle reg gemaak met Jerubbaäl en sy nageslag? Het julle hom die eer gegee wat hom toekom? |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abim,leg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerubbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande -- |
| Afrikaans 1983 | “Dink julle miskien julle het opreg en in goeie trou gehandel toe julle vir Abimelek koning gemaak het? Het julle reg opgetree teenoor Jerubbaäl en sy huis? Het julle hom behandel volgens wat hy verdien? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, as julle met eerlike bedoelings en in opregtheid opgetree het toe julle Abimeleg koning gemaak het, as julle goed gedoen het aan Jerubbaäl en sy huis, as julle teenoor hom opgetree het volgens wat hy verdien, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En nou, manne van Sigem, julle het nie goed gedoen aan Gideon se familie nie. Julle het nie onthou wat hy vir julle gedoen het nie, julle was ontrou aan hom. Julle het vir Abimelek gekies en julle het hom koning gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dink julle julle was eerlik en opreg toe julle vir Abimelek koning gemaak het? Het julle Gideon en sy familie reg behandel? Het julle aan my pa die eer bewys wat hom toekom? |