Judges 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die doringbos vir die bome: As julle My waarlik as koning oor julle salf, kom dan en vertrou op my skaduwee; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En die doringbos sê vir hulle: ‘As julle my regtig wil salf as koning oor julle, moet julle in my skaduwee kom staan. As julle dit nie wil nie doen nie, sal daar vuur uit my dorings kom en die sederbome van die Libanon verteer.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die L¡banon verteer. |
| Afrikaans 1983 | En die doringbos sê vir hulle: ‘As julle my werklik wil salf sodat ek koning oor julle kan wees, moet julle almal in my skaduwee kom skuil. As julle dit nie kan doen nie, sal daar 'n vuur uitgaan uit die doringbos uit en dit sal die seders van die Libanon verteer.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Toe sê die steekdoring vir die bome, ‘As dit met eerlike bedoelings is dat julle my wil salf om koning oor julle te wees, kom skuil dan in my skaduwee. Maar as dit nie so is nie, sal vuur uitgaan vanuit die steekdoring en die seders van die Libanon verteer.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die doringbos het vir die bome gesê: ‘As julle regtig wil hê ek moet julle koning wees, dan moet julle in my skaduwee kom staan, en as julle dit nie doen nie, dan sal daar 'n vuur uit die doringbos kom en die vuur sal die sederbome van die Libanon-berg verbrand.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die doringbos het geantwoord: ‘As julle my regtig as julle koning wil kroon, kom staan dan hier in my skaduwee. As julle dit nie wil doen nie, sal daar ’n vuur uit die doringbos uitgaan wat al die seders van die Libanon sal verbrand tot niks.’ |