Judges 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die vyeboom sê vir hulle: Moet ek my soetigheid en my goeie vrugte verlaat en gaan om bo die bome te bevorder? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die vyeboom het geweier en vir hulle gesê: ‘Moet ek ophou om my mooi soet vrugte te gee net om oor die bome te regeer?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe? |
| Afrikaans 1983 | Maar die vyeboom sê vir hulle: ‘Moet ek my lekker soet vrugte prysgee? Moet ek tussen die bome gaan ronddwaal?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar die vyeboom sê vir hulle, ‘Moet ek my soetheid en my goeie opbrengs prysgee, en dan oor die bome heen en weer gaan swaai?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die vyeboom het vir hulle gesê: ‘Ek dra baie vrugte, en my vrugte is lekker soet. Moet ek ophou vrugte dra om oor die bome te regeer? Nee, ek wil nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dié sê vir hulle: ‘Moet ek my lekker soet vrugte prysgee om tussen die bome rond te dwaal en oor hulle te regeer?’ |