Judges 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Gídeon: Daarom, as die HERE Seba en Salmunna in my hand gee, sal ek julle vlees skeur met die dorings van die woestyn en met distels.
Afrikaans (NLV) 2011 Gideon het toe vir hulle gesê: “Nadat die Here Sebag en Salmunna aan my oorgegee het, gaan ek julle met haakdorings en steekdorings uit die woestyn kom pynig.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê G¡deon: Daarom, as die HERE Seba en S lmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.
Afrikaans 1983 Gideon het vir hulle gesê: “Wanneer die Here vir Sebag en Salmunna in my mag oorgegee het, sal ek julle kom stukkend skeur met doringstruike, met haakdorings uit die woestyn.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Gideon: “Dis waar, maar wanneer die Here vir Sebag en Salmunna in my hand gee, gaan ek julle liggame met woestyndorings en braambosse dors. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gideon het geantwoord: “Die Here sal my laat wen teen Sebag en Salmunna, en dan sal ek terugkom. Ek sal julle doodmaak en julle vleis stukkend skeur met woestyndorings.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop het Gideon geantwoord: “Nou maar goed, maar nadat die Here Sebag en Salmunna aan my uitgelewer het, sal ek terugkom en julle uitmekaar kom skeur met doringtakke en haakdorings wat ek uit die woestyn gaan saambring.”