Judges 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vorste van Sukkot sê: Is die hand van Seba en Salmunna nou in jou hand, dat ons brood aan jou leër moet gee?
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers van Sukkot het vir hom gesê: “Vang eers vir Sebag en Salmunna, dan sal ons vir jou en jou soldate kos gee.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm van Seba en van S lmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?
Afrikaans 1983 Maar die leiers van Sukkot het vir hom gevra: “Het jy al vir Sebag en Salmunna gevang dat ons vir jou en jou leër moet brood gee?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die aanvoerders van Sukkot vra hom: “Is die handpalms van Sebag en Salmunna nou al in jou hand, dat ons vir jou leër brood moet gee?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die leiers in die stad Sukkot het vir Gideon gesê: “Jy maak of jy al klaar gewen het teen Sebag en Salmunna. Hoekom moet ons vir jou manne brood gee?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers van Sukkot sê toe vir hom: “Hoekom moet ons vir jou en jou manskappe kos gee? Julle het nog nie vir Sebag en Salmunna gevang nie.”