Judges 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het aan die manne van Sukkot gesê: Gee tog brode aan die volk wat my volg; want hulle is moeg, en ek agtervolg Seba en Salmunna, die konings van Mídian. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by Sukkot kom, het hy die inwoners gevra: “Gee tog asseblief vir my soldate kos. Hulle is uitgeput. Ek is besig om die Midianitiese konings Sebag en Salmunna te agtervolg.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en S lmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Gideon vir die mense van Sukkot: “Gee tog brood vir die manne wat by my is. Hulle is moeg en ek is besig om die Midianitiese konings Sebag en Salmunna te agtervolg.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir die mense van Sukkot: “Gee asseblief rondebrode vir die manskappe wat my volg, want hulle is uitgeput. Ek is besig om Sebag en Salmunna, die konings van die Midianiete, te agtervolg.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Gideon vra toe vir die mense van die stad Sukkot: “Gee asseblief brood vir die manne wat by my is. Hulle is baie moeg, en ek is nog besig om vir Sebag en Salmunna, die konings van die Midianiete, te volg en te jaag.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By Sukkot aangekom, het Gideon vir die mense gevra: “Gee asseblief vir my manskappe kos. Hulle is moeg, want ons is agter die Midianitiese konings, Sebag en Salmunna, aan.” |