Judges 8:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het ook geen guns betoon aan die huis van Jerubbaäl, naamlik Gideon, volgens al die goedheid wat hy aan Israel bewys het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het nie lojaal gebly aan die gesin van Jerubbaäl — dit is nou Gideon — nie, ten spyte van al die goeie dinge wat hy vir Israel gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerubbaäl, dit is G¡deon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle was ook nie lojaal teenoor die gesin van Jerubbaäl, dit is Gideon, nie, ten spyte van al die goeie dinge wat hy vir Israel gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het ook nie trou bewys aan die huis van Jerubbaäl, dit is Gideon, vir al die goeie dinge wat hy aan Israel gedoen het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het ook nie al die goeie dinge onthou wat Gideon vir hulle gedoen het nie, en hulle was nie goed vir sy familie nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ten spyte van al die goeie dinge wat Jerubbaäl, dit is nou Gideon, vir Israel gedoen het, het hulle nie enige respek aan sy gesin bewys nie. |