Judges 8:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God het die vorste van Midian, Oreb en Seëb in julle hand gegee; en wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe het hulle toorn vir hom bedaar toe hy dit gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het die aanvoerders van die Midianiete, Oreb en Seëb, aan julle oorgegee. Ek kon nie dieselfde doen as julle nie.” Toe hulle dit hoor, het hulle bedaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | God het die vorste van M¡dian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | God het die leiers van die Midianiete, Oreb en Seëb, in julle mag oorgegee. Ek was nie in staat om te doen wat julle gedoen het nie.” Eers tóé het hulle bui gesak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is in julle hand wat God die •aanvoerders van Midian, Oreb en Seëb, gegee het. Wat kon ek vermag in vergelyking met julle?” Eers nadat hy hierdie woorde gesê het, het hulle gegriefdheid teenoor hom bedaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het julle gehelp om te wen teen Kraai en Wolf, die generaals van Midian. Julle het baie meer gedoen as wat ek kon doen.” Toe Gideon dit vir die mense van die Efraim-stam sê, was hulle nie meer kwaad nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het dan die twee generaals van die Midianiete, Oreb en Seëb, in julle mag oorgegee. Wat ek gedoen het, kan nooit daarmee vergelyk word nie.” Dit het hulle rustiger laat word. |